Wat maak Karookraal Ontwikkeling so gewild vir aftrede?

Jou aftreejare is veronderstel om die beste tyd van jou lewe te wees en waar jy besluit om gedurende hierdie tydperk te woon, het ’n groot invloed op jou geluk.

Presies waar jy gaan aftree is ’n groot besluit wat nie ligtelik geneem moet word nie en jy en jou lewensmaat moet koppe bymekaar sit en al die moontlike voordele en nadele teen mekaar opweeg. Indien jy die verkeerde besluit maak kan dit nie net baie ongerief veroorsaak nie, maar ook ’n groot duik in jou aftreefonds maak.

Uitstekende ligging

Karookraal is in ’n veilige, rustige woonbuurt, reg langs die Hartenbosrivier geleë. Die ontwikkeling is stapafstand van die naaste supermark, apteek, biblioteek en dokterspreekkamers wat beteken dat jy op vervoerkostes kan spaar terwyl jy ook goeie oefening inkry! Hartenbos is natuurlik landswyd bekend vir sy pragtige strand – perfek vir vroegoggend-wandelings – en vir die rolbalspeler is die Hartenbos-rolbalklub ook net om die draai.

Karookraal is geleë op die laaste ontwikkelingsgrond in die ouer gedeelte van Hartenbos wat beteken dat kopers nie weer die geleentheid sal hê om nuutgeboude huise teen hierdie pryse te bekom nie. Die aantreklike ligging van die landgoed beteken ook dat die waarde van jou belegging in die toekoms sal toeneem.

Die Karookraal Ontwikkeling is uitstekend geleë

Verskeidenheid huisgroottes

Bly jy tans in ’n groot plaashuis, maar jy sukkel met die onderhoud? Dan is dit ’n goeie idee om af te skaal na ’n kleiner 2-slaapkamerhuis. As jy egter daarvan hou dat al jou kinders en kleinkinders oor vakansies kom kuier, is ’n drie of vierslaapkamerhuis dalk ’n goeie opsie.

Karookraal bied ’n groot verskeidenheid bouplanontwerpe aan voornemende kopers asook die geleentheid om wysigings aan hul gekose bouplan aan te bring. Maak nie saak wat jou behoeftes is nie, daar is ’n huis vir jou!

Verskeidenheid ontwerpe beskikbaar

Nuutgeboude huise

Die Karookraal Ontwikkeling bied verskeie bouplanne asook die geleentheid om die planne volgens jou unieke behoeftes aan te pas (waar moontlik). Jy kan dus ’n huis ontwerp volgens jou smaak (bv. ’n groot, gerieflike kombuis met baie kaste en ’n dubbelmotorhuis). In teenstelling hiermee, sal jy moontlik eers opdateerings moet doen indien jy ’n ouer, klaargeboude huis koop.

Nuutgebou vs klaargebou

Veiligheid en sekuriteit

Die Karookraal Ontwikkeling beskik oor 24-bemande sekuriteit en is ten volle ommuur met elektriese heinings bo-op die grensmure.

As jy daarvan jou om te toer gee Karookraal se “lock-up-and-go” wonings jou die vrymoedigheid om net jou voordeur te sluit en sonder enige bekommernis in die pad te val.

Ingangshek met 24-uur bemande sekuriteit

Vir meer inligting oor hierdie unieke ontwikkeling in die sentrale deel van Hartenbos, skakel 083 449 1442 of stuur ’n e-pos na navrae@karookraalontwikkeling.co.za.