Karookraal bied nou meer ontwerpe en groter aanpasbaarheid

Navorsing deur Karookraal se ontwikkelaar het bevind dat kliënte meer bouontwerpe verkies maar ook steeds aanpasbaarheid wil hê.

Vandaar die besluit om ’n groter verskeidenheid bouplanontwerpe aan voornemende kliënte te bied. By Karookraal hou ons egter by ons belofte om aan elke koper se behoeftes te voorsien en kliënte het dus die vermoë om wysigings aan hul gekose standaardplan aan te bring.

Voorbeelde van nuwe planne

Karoo Konstruksie

Vanaf Januarie 2019 sal die ontwikkelaar se konstruksiemaatskappy, Karoo Konstruksie (Edms) Bpk voltyds op die terrein wees vir die bou van alle verdere huise. Die konstruksiebestuurspan het jare se ondervinding en het in totaal al meer as 400 huise gebou. Riaan Stander van Karoo Konstruksie (Edms) Bpk, wat ook ’n aandeelhouer in die ontwikkeling is, is deur Karookraal Ontwikkeling aangestel om die vereistes van die goedgekeurde terreinontwikkelingsplan, argitekskontrole en sonering te koördineer en verder ook om die belange van die koper, die verkoper, die huiseienaarsvereniging en die dorpie as sulks te monitor en te beskerm. Met sy koördinering sal vanaf die eerste tot die laaste koper dieselfde status en beskerming geniet, en sal die konstruksiespesifikasies deurgaans van hoogstaande gehalte wees.

3D-voorstellings van die nuwe bouplanne

Pakketpryse

Die pakketpryse vir tweeslaapkamerhuise begin vanaf R1,575,000.00 (BTW Ing) en die goedkoopste drieslaapkamer pakketprys is R1,780,000.00 (BTW Ing). Hierdie is pryse soos in November 2018 bereken. Karookraal se agente kan jou adviseer rakende watter bouplanne op watter erwe pas en ook wat die totale pakketprys van die erf en huis sal wees.

Die Karookraal-span sien uit om jou in 2019 op ons terrein in Hartenbos te verwelkom!

Kontak ons gerus indien jy enige vrae het.