Volgens beplanning sal Karookraal se eerste inwoners teen die einde van Junie 2018 kan intrek. Omdat meer as een huis saam op tender geplaas is kon baie goeie tariewe bekom word. Hierdie tariewe wissel vir skuins en plat erwe en is ook ’n funksie van die grootte van die betrokke huis.
Kopers het ook toegang tot Francois van Zyl Argitekte, wat hul kan adviseer oor die potensiaal van elke erf en wat jy vir jou begroting kan bekom.
Kontak gerus vir Keuler Eiendomme wat gemiddelde boukostes aan jou kan voorsien en ook al die alternatiewe bouplanne met jou kan bespreek.