Brulpadda, die nuutste gonswoord in die Suid-Kaap, gaan die eiendomsmark in die area op sy kop keer. Veral Hartenbos en Mosselbaai gaan direk hierdeur geraak word.
Brulpadda, die naam van die projek van Totalgas se gasvonds aan die Suid-Kaapse kus het rimpelinge laat ontstaan. Ingeligtes sê dat terwyl dit nog baie vroeg is, moet diegene wat in die area wil belê nie met die broek om die enkels gevang word nie.
Daar is aanvanklik bespiegel of die nodus in Kaapstad of Port Elizabeth sou wees, maar intussen is daar besluit dat Mosselbaai die kern van die aanwal-aktiwiteite sal wees. Die reeds gevestigde PetroSA-aanleg asook die beskikbaarheid van die hawe speel hier ‘n groot rol.
Die verwagte toestroming sal lei tot ‘n groter vraag na huisvesting. Diegene wat nou inklim sal die voordele van ‘n snelgroeiende area kan benut. Die beplanningsfase is uiters belangrik en dis hier waar die spesialiteits arbeidsmag ‘n groot rol speel.
Mosselbaai word reeds gesien as die ideale plek vir Suid-Afrikaners om heen te semigreer as dit kom by waarde vir geld, veiligheid en leefstyl. Al meer sakemanne verskuif hul gesinne hierheen terwyl hulle nog steeds in die stede werk.
As gevolg van die semigrasie het die huurdersmark besonders lewendig geword en het die prys wat betaal word drasties toegeneem.
Volgens Kaaiman Schutte, prinsipaal van Seeff Eiendomme in Mosselbaai, het Seeff reeds ‘n 20% groei in jaar-op-jaar omset gesien en was Januarie 2019 die beste verkoopsmaand in vier jaar. Hy voorspel dat Brulpadda baie voordele vir die plaaslike ekonomie en eiendomsmark inhou.
Kontak Keuler Eiendomme vandag op 083 449 1442 om in die hoogs suksesvolle ontwikkeling te belê; anders mis jy dalk die paddawales?