Die Desembervakansie is vir meeste van ons slegs ’n vae herinnering, maar diegene wat Karookraal wel gedurende hierdie periode besoek het sou opgemerk het dat ons strate toe pas geteer is. Met Karookraal se pragtige ingangshek, voltooide skouhuis en die geteerde strate, kon besoekers ’n regte dorpsgevoel begin kry.
Volgende aan die beurt is die installering van Karookraal se elektriese minisubstasie. Hierdie substasie word op bestelling gemaak en sal vroeg in Maart geïnstalleer word, wat ’n voltooide elektriese netwerk tot gevolg sal hê.
Met die voltooiing van die dienste kan die dorp geproklameer en die dorpsregister oopgemaak word wat beteken dat Karookraal ’n volwaardige dorp sal wees! Ons verwag dan ook dat die erwe wat tot op hede verkoop is, teen die einde van Maart-maand getransporteer kan word.
Volg ons op Facebook en maak seker dat jy inteken op ons nuusbrief om op hoogte te bly van alles wat op die Karookraal-terrein gebeur.