Life Bay View Privaat Hospitaal
Die pas opgeknapte Life Bay View Privaat Hospitaal het asemrowende uitsigte oor Mosselbaai. Die hospitaal se ongevalle-afdeling is oop 24 uur ’n dag, 365 dae van die jaar. Dit beskik oor die nuutste tegnologie en fasiliteite wat ’n hartkateteriseringslaboratorium insluit. Die hospitaal is slegs 9 km vanaf Karookraal geleë en is baie toeganklik via Louis Fourie-weg.
Mosselbaai Provinsiale Hospitaal
Die Mosselbaai Provinsiale Hospitaal verskaf dienste aan inwoners van die Langeberg gesondheidsdistrik van die die Suid-Kaap streek.
Die oord bied verskeie leefstylvoordele om aan inwoners se verskillende behoeftes te voldoen. ’n Gemeenskapsgevoel word geskep deur die goed ontwerpte en aantreklike klubhuis wat ’n eetkamer, dameskroeg en leesarea insluit. Hul bystandopsies en versorgingsfasiliteite bied verskeie vlakke van mediese sorg wat verskaf word deur opgeleide, ervare personeel.
Santos Haven aftreeoord is gestig in 1986 en bied ’n veilige gemeenskap met volop sosiale geleenthede asook pragtige tuine. Sekuriteit is ’n top prioriteit by hierdie instelling en hul bied ’n siekeboeg asook ’n sorgeenheid vir verswaktes.
Die 18-putjie Pinnacle Point-gholfbaan is ontwerp deur die bekende Suid-Afrikaanse gholfbaanontwerper Peter Matkovich wat ook die baan saam met top Ierse Toer gholf-speler Darren Clarke in November 2006 ge-open het.
Darren Clarke, wat ook betrokke was by Pinnacle Point se baanontwerp, het gesê dat Pinnacle Point, “die beste gholfbaan op die planeet is.”
Mosselbaai Gholfklub is gestig in 1905 en die gholfbaan is in 1924 verskuif na sy huidige posisie. Die baan is bekend vir die feit dat jy die Indiese Oseaan vanaf elke bof kan sien.
Die sentrum is 3,4 km vanaf Karookraal geleë. Besoekers kan uitsien na ’n skoon, veilige omgewing waar hul hul daaglikse inkopies kan doen. Die sentrumbestuur is op die perseel geleë om aan besoekers se vereistes te voldoen.
Die Mosselbaai Winkelsentrum is langs Louis Fourie-weg geleë. Die sentrum bied twee ingange, gratis parkering (ongeveer 700 parkeerplekke) asook 60 nasionale en onafhanklike kleinhandelaars.
Mosselbaai bied verskeie staatskole, privaatskole asook tersiêre kolleges wat kursusse bied in besigheidstudies, ingenieurswese en verpleegkunde.
Van die skole en kolleges sluit in:
Curro Mosselbaai
Bay View Kollege
Hoërskool Punt
Milkwood Primêr
Laerskool Hartenbos
Park Laerskool
Mosselbaai bied ’n wye verskeidenheid wat restaurante betref, maar is veral bekend vir seekos – spesifiek die Tuinroete se wilde oesters. Die dorp bied verskeie kroeë, restaurant en koffiewinkels en het selfs hul eie koffieroostery.