Karookraal se eerste inwoners het ’n paar weke gelede ingetrek en het reeds ’n aantreklike, unieke harde tuin aangelê. Harde tuinuitleg sluit plaveisel, paadjies, potte en beelde in wat eerste, voor die plante, geplaas word. Die voordeel van hierdie tipe harde landskapelemente is dat dit maklik is om te onderhou en ook geen water vereis nie.
In hierdie geval komplementeer die klippies se verskillende vorms, teksture en kleure nie net die styl van die tuin nie, maar ook die argitektoniese styl van hierdie Karookraal-huis. Die potte funksioneer as fokuspunt terwyl die inheemse aalwyne struktuur verskaf.
Soos alle Karookraal-tuine is hier slegs plaaslike inheemse plantegroei geplant. Hierdie plante is aangepas vir optimale groei in Hartenbos se klimaat, hidrologie en geografie wat beteken dat hulle minder water en kunsmis in vergelyking met ander plante benodig.
Hierdie 3-slaapkamerhuis is doelgerig ontwerp met die oopplankombuis, eet- en leefkamer wat geplaas is om die uitsig maksimaal te benut. Hierdie leefareas het ook oop dakkappe om die gevoel van ekstra ruimte te skep. Die ontwikkelaar hou by sy belofte om in die koper se behoefte te voorsien en nie net standaardplanne te verkoop nie.
Die Karookraal Ontwikkeling bied tans 2-slaapkamerhuise vanaf R1,62 miljoen en 3-slaapkamerhuise vanaf R1,98 miljoen. Vir enige navrae, kontak gerus een van ons verkoopsagente.
Uitsigte vanaf die huis