Die program vir die voltooiing van dorpsgebieddienste is end Januarie 2017. Indien ons drie maande toelaat vir die munisipaliteit se goedkeuring van die dienste, vir die oopmaak van die dorpsregister en die registreer van die erwe op die munisipale rol, kan bouplanne teen begin Mei 2017 ingedien word en bouwerk teen end Mei 2017 laatste ‘n aanvang neem. Met ses maande bouwerk op ‘n huis, sal die eerste huise teen Desember 2017 aan hul eienaars oorhandig word. Hou duimvas vir geen “red tape” nie.
