SEKURITEIT

Karookraal sal ten volle ommuur wees met 'n ingangshek, wat vir 24-uur bemande sekuriteit ontwerp is, met 'n verbylaan vir trokke. In die laaste fase sal ook 'n onbemande tweede hek vir die gebruik van inwoners alleen voorsien word. Dit sal die druk deur die hoofhek tydens vakansieseisoene verlig.

Die volle ontwikkeling sal met 'n elektriese heining bo-op die grensmure voorsien word met sones wat by die ingangshek gemonitor sal word. Gedurende konstruksie sal tydelike sekuriteit tussen die konstruksiefases voorsien word.

Die sekuriteitsre√ęlings sal in werking tree wanneer die eerste inwoners in Karookraal vestig.

Die ontwikkelingsfases is so beplan dat die aflewering van boumateriaal vir die bou van huise nooit deur die hoofingangshek sal geskied nie.

Ten volle ommuur

Elektriese heining bo-op grensmure

24-uur bemande sekuriteit