DIE AFWERKINGSKEDULES

Die standaardbouspesifikasies is beskikbaar. Gedurende die ontwerp van die huis sal die argitek die vlak van afwerking met u onderhandel en waar nodig ’n gewysigde afwerkingskedule saamstel. Laasgenoemde sal gebruik word om die bouprys aan te pas en waar items nie akkuraat geprys kan word nie, sal voorlopige bedrae toegelaat word. Die finale koste van die betrokke item sal dan teen die voorlopige bedrag afgespeel word.

Ons interieurontwerper, Carina Meyer, het twee alternatiewe afwerkingstyle - 'n klassieke en 'n moderne styl - in die skouhuis op borde geïllustreer. Dit is noodsaaklik dat u na hierdie style gaan kyk voordat die finale besluite geneem word. Carina is natuurlik ook beskikbaar om u 'n volledige diens as konsultant te lewer.